MOS Slim-Effekte
Jou kapitaal werk vir jou én vir Afrikaans
MOS Uitreiker het MOS Slim-effekte bekendgestel om te verseker dat ons aan ons mandaat voldoen om Afrikaanse onderrig uit te bou en te ontwikkel deur nog Afrikaanse skole in Suid-Afrika te gebou. Met die program het Die MOS R100 miljoen gewerf om ons netwerk van privaat skole, wat Afrikaanse moedertaalonderrig bied, uit te brei.
Dawie Roodt, gerekende ekonoom en MOS Uitreiker-direksielid, sê dit is vir hom ’n groot eer om deel van hierdie inisiatief te wees. Hy verduidelik wat ’n effek is: “Eenvoudig gestel is dit ’n finansiële instrument wat uitgereik word en waarop daar rente betaal word. In hierdie geval betaal ons 2% bokant die prima-rentekoers. Soos markrentekoerse styg sal dié rentekoers natuurlik ook styg.”
Luister na Dawie Roodt se onderhoud op RSG
MOS Slim-effekte word ten volle deur die Trust vir Afrikaanse Kuns, Kultuur en Erfenis (TAKKE) onderskryf en gewaarborg.
Roedolf van der Westhuizen, uitvoerende hoof van Die MOS Inisiatief, sê in ’n land waar die oorblywende 1 200 skole wat Afrikaanse moedertaal-onderrig bied onder druk is om na Engels oor te skakel, moet Die MOS sy pogings verdubbel om sy hoogs suksesvolle netwerk van Afrikaanse privaat skole uit te brei.
“Dit het dadelik sin gemaak dat ons Mesh.trade gebruik om ’n korporatiewe effek as ’n slimkontrak uit te reik en só die R100 miljoen gewerf het wat ons gaan gebruik om ons netwerk uit te brei. Mesh.trade se uitgebreide finansiële kennis en veilige en deursigtige digitale mark wat die nodige regulatoriese goedkeuring het, bied die perfekte omstandighede vir ons om vinnig en koste-doeltreffend kapitaal te werf, direk van ons ondersteuners.
Besoek Mesh se webwerf

