Ontmoet die span agter Die MOS Inisiatief
Roedolf van der Westhuizen
CA(SA) Uitvoerende Hoof
Roedolf is ’n oud-Affie en oud-Puk. Hy is ’n geoktrooieerde rekenmeester en entrepreneur met ’n passie vir Afrikaanse onderwys.
Sy loopbaan sluit verskillende plaaslike en internasionale bestuursrolle in wat hom in ‘n dinamiese leier ontwikkel het. Sy diverse industrieblootstelling en werksondervinding het hom toegerus om ’n suksesvolle entrepreneur te word van beide klein, nuwe besighede tot multinasionale organisasies. Hy het ’n passie vir besigheid en geniet dit om nuwe, innoverende idees na die tafel te bring om besighede meer effektief te bestuur. Hy vind dit baie verrykend om persoonlike doelwitte met besigheidsdoelwitte te belyn.
Roedolf het ‘n hart vir mense, ons pragtige land en ons ongelooflike mooi taal.
Wikus Breetzke
Innovasie, Tegnologie en Bemarking
Wikus geniet tegnologie, innovasie, en breinnavorsing – veral hoe dit met pedagogie saamwerk. Met ‘n bewese rekord in sy B.Comm bemarkingsgraad en entrepreneurskap, het hy sy kundigheid en vernuf in verskeie sektore gesmee, asook die afgelope 17 jaar in die onderwyssektor.
Hy geniet dit om een van sy sterkpunte, lewenslange leer, uit te leef. Sy slagspreuk is: Non Satis Scire – to know is not enough.
Chris de Beer
Leierskaps- en besigheidsafrigter
Chris het ‘n passie vir leierskap en besigheidsontwikkeling. Hy is veral gefokus om leiers te help om uitsonderlike organisasies te bou, sodat hulle produktiwiteit, wins, welsyn en volhoubaarheid sal groei.
Hy het meer as 20 jaar se ervaring in leierskap, beskik oor twee meestersgrade en was vir ‘n aantal jare ‘n internasionaal geakkrediteerde afrigter van Gallup.
Ian Fourie
CA(SA) Finansiële hoof
Ian is ‘n geoktrooieerde rekenmeester met ‘n passie vir die Afrikaanse taal.
Hy het beide plaaslike, sowel as internasionale ondervinding in die finansële sektor oor verskeie industrieë en organisasies.
Sy fokus is op die optimale en effektiewe benutting van die beskikbare tegnologie om sodoende die finansiële prosesse effektief en doeltreffend te bestuur.
De Wet Coetsee
Operasionele hoof
De Wet geniet dit om mense te ontwikkel en prosesse te verbeter. Met ‘n agtergrond in teologie, bankwese, die eiendomsbedryf en twee meestersgrade in onderskeidelik Teologie en Besigheid, beskik hy oor ‘n breë agtergrond wat hom instaat stel om na uitdagings uit verskillende hoeke te kyk.
De Wet glo dat verhoudings die kern van enige gesonde organisasie is en dat vertroue die sleutel tot goeie verhoudings is. “Wees jy die eerste persoon wat doen wat jy sê”.
Yolandé Rousseau
Administratiewe hoof
Yolandé het meer as 25 jaar se ondervinding in kommunikasie en bemarking en het vir van die land se mees vooraanstaande maatskappye en skole gewerk. Sy het ook vir verskeie Suid-Afrikaanse maatskappye op bemarkings- en kommunikasieprojekte gekonsulteer en het as projekbestuurder vir bemarkings- en kommunikasieagentskappe in heelwat projekte opgetree. Sy het ‘n BA-graad in Sielkunde van die Universiteit van Pretoria.
Yolandé se sterkpunte is kliëntediens, die ontwikkeling van bemarkings- en kommunikasiestrategieë, kreatiewe konsepontwikkeling, baie sterk projekbestuurs- en produkbestuursvaardighede en ‘n dodelike oog vir besonderhede!
Dr. Annelie Wassenaar
Akademiese en Kwaliteitskoördineerder
Dr. Annelie is ʼn boorling van Johannesburg wat aan die Hoërskool Linden gematrikuleer het en daarna ʼn ‘n BCom-graad en ‘n BEd-honneursgraad aan die Randse Afrikaanse Universiteit, deesdae Universiteit van Johannesburg) verwerf..
Nagraads het sy ʼn meestersgraad (MEd) in Didaktiek en ʼn doktorsgraad (PhD) in Onderwysstudies aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. As ervare en passievolle onderwyskundige en onderwysleier wat oor die afgelope dertig jaar gepraktiseer het en sodoende grondige praktykervaring in alle fases van voorskool- tot in hoër onderwys opgedoen. Sy het haar loopbaan as dosent in onderwysopleiding afgeskop en sedertdien verskeie toekennings as ‘n uitnemende onderwyser, onderwysbestuurder, navorser en nagraadse studieleier ontvang.
Sy dien op Die MOS Inisiatief se bestuurspan en as Akademiese en Kwaliteitskoördineerder in die MOS-Wêreldwyd se aanlyn-tuisskool is sy verantwoordelik vir aanboordbring van nuwe vakkundiges, opleiding van personeel, kwaliteitversekering van leerinhoud en terugvoer aan leerders en die koördinering van die assesseringsprogram.
Direksie
Dr. Theuns Eloff
Voorsitter
Eric Wasserman
Finansiële kundige, voorheen van Absa
Prof. Debra Meyer
Deputy Vice Chancellor Teaching and Learning by Sol Plaatje Universiteit
Verna Stuurman
Onderwyskenner
Roedolf van der Westhuizen
CA(SA) Uitvoerende Hoof