Dis MOS Wyn

Elke bottel wat verkoop word dra tot Afrikaanse onderrig vir almal by

Ons deel graag dat nuwe voorraad van ons wynreeks wat nou beskikbaar by Snow Mountain Wines.
Die wynmaker is die bekende James Mckenzie.
Bestel die Ware Jakob of Geen Haas (wit of rooi) en ondersteun boonop die voortbou van gehalte Afrikaanse onderrig.
Alle winste wat verkoop word, gaan aan die MOS Beursfonds wat gehalte Afrikaanse onderrig vir leerders van alle agtergronde moontlik maak.
Bestel jou wyn hier
mos wyne 8

Geen Haas – pinotage

Hierdie is pinotage wat vroeg geoes om die koel oggendklimaat, wat maklik verlore kon gaan terwyl die dagtemperature in die Wellington-vallei styg, tot voordeel van die wynmaakproses te gebruik. Net die mees geskikte druiwe word gebruik.
Na die oes is die druiwe tydsaam koudgeweek voor die gistingsfase in vlekvryestaaltenks plaasgevind het. Gereelde oorpompaksies verseker matige ontwikkeling van geure wanneer sagte tanienne deur dopkontak die wyn deurtrek.
Melksuurgisting en verdere veroudering vind oor ‘n tydperk van nege maande in ‘n verskeidenheid Franse vate plaas. Die finale produk word ongefilterd gebottel. In jou glas kan jy klassieke geure van rooi kersies, brame en sjokolade verwag word.
mos wyne 1

Geen Haas – chenin blanc

Die Geen Haas reserwe chenin blanc is nie sommer enige wyn nie- dit is die resultaat van ‘n klein oes uitsoekdruiwe uit ’n ou wingerd in die Bovleiwyk. Die area, voorheen bekend as Wamakersvallei, dra al meer as 300 jaar by tot die taal- en wyngeskiedenis.
Die Wellington-klimaat word geken aan warm somers en koue winters. Die Bovleiwyk se hellings en hange bied oggendson en koelte in die vroegmiddag. So kan gebalanseerde vrugontwikkeling plaasvind. Hierdie perfekte balans tussen die gebied en kultivar lewer ‘n wyn met ondertone van gedroogde appels en gekaramelliseerde toffie. Heuning- en amandelgeure is eie aan tydsame veroudering in Franse eiekhoutvate. Die hout dra sagkens by tot die mondvoel-effek, sonder om die natuurlike smake van die wyn te oorheers
mos wyne 7

Die Ware Jakob

Pinotage is ‘n tipiese Suid-Afrikaanse druif en hierdie wyn bied unieke geure, perfek vir ‘n gesonde debat oor wyn. Die Fibonacci-reeks (getalle) verwys na briljante wiskunde wat die natuurlike kode van verhouding uitdruk. Dit word dikwels gebruik in beide moderne en klassieke argitektuur en ontwerpe – en hier ook in die wyn se versnit. Die wynmaker, oorspronklik ‘n bankier, is bekend met hierdie getalle en die gebruik daarvan om beweging in finansiële markte te voorspel. Die getal 1.618 is in hierdie kringe bekend as die “Goue Verhouding”. Eenvoudig gestel: Die Fibonacci-reeks is saamgestel uit getalle wat die som is van die vorige twee Fibonacci-getalle. 0 1 1 2 3 5 8 13 21 34 55 89, ensovoorts.
 
Die samestelling van hierdie versnit is deur die Fibonacci-reeks geïnspireer deur die verhouding van kultivars dienooreenkomstig met presisie op te maak: 55% cabernet franc, 21% merlot, 13% cabernet sauvignon, 8% petit verdot en 3% malbec. Die wynmaakproses vind tydsaam plaas en begin met vatseleksie, waar die beste verhouding van elke kultivar by die besontwikkelde vaatjie onttrek word. Daarna word die versnit in nuwe Franse eikehoutvate verouder.  Die gebruik van nuwe vate verseker sagte, goedgeronde tanniene wat die geure van die vrug komplimenteer. Hierdie wyn is meer as net ‘n versnit.  Ons beskou dit as “Die Ware Jakob”

Vind meer uit oor Enso Akademie

enso akademie logo 12
Close the CTA