Waar is jou kind in 2040?

mos 2024 artikel

In ’n snelveranderende wêreld is jy as ouer natuurlik bekommerd oor jou kind se toekoms. Waar gaan my kind in 2040 wees en is hulle ten volle toegerus om die toekoms met selfvertroue binne te gaan? Met Die MOS Inisiatief kan jy vandag nog jou kind voorberei met die regte gereedskap om ’n lewenslange leerder te word wat toegerus is om die onbekende te betree.

Met ’n diepgewortelde passie vir Afrikaanse onderwys, bied MOS aan ouers gemoedsrus oor hul kinders se toekoms. Deur leerders doelgerig voor te berei vir die uitdagings van 2040 en later, skep ons ’n leeromgewing waar elke kind met selfvertroue kan groei, ontwikkel en presteer – in hul moedertaal.
 
Moedertaal in Onafhanklike Skole, oftewel Die MOS Inisiatief, is ’n privaat maatskappy gebore uit die Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO) op 15 Julie 2019 en fokus op die ontwikkeling van ’n skolenetwerk om uitmuntende, wêreldklasonderrig in Afrikaans te verseker en uit te bou.

Ons groep se bestaansreg is gerond op die bou van ’n innoverende, inklusiewe, toeganklike, volhoubare en toekomsgerigte leerstelsel in Afrikaans, waar kinders so lief sal word vir leer dat hulle lewenslange leerders sal word en verby die uitdagings van die vierde nywerheidsrewolusie sal uitstyg en floreer.

Ons skep ’n netwerk van volhoubare, enkelmedium, onafhanklike Afrikaanse skole wat regoor Suid-Afrika bedryf word – oop vir almal, bekostigbaar en met hoë standaarde en innoverende leer.

By Die MOS Inisiatief se netwerk van 12 skole regoor die land en ons aanlyn tuisskool, MOS Wêreldwyd, streef ons daarna om uitsonderlike opvoedkundige geleenthede te bied wat elke kind se volle potensiaal ontsluit – van voorskool tot matriek. Ons skole deel ’n gesamentlike visie van akademiese uitnemendheid, karakterontwikkeling en gemeenskapsbetrokkenheid waarby die volgende kernwaardes ingeweef is:

  • Ubuntu: Ons volg ’n inklusiewe onderrigmodel wat deernis en menslikheid weerspieël, met die oortuiging dat kwaliteit onderrig vir alle moedertaalsprekers toeganklik en beskikbaar moet wees.
  • Omarm die toekoms: Die MOS Inisiatief is in pas met ’n voortdurend veranderende wêreld deur leerders toe te rus met relevante vaardighede wat hulle voorberei op die eise en uitdagings van die toekoms.
  • Lewenslange leer: Die MOS Inisiatief se doel is om ’n lewenslange liefde vir leer te kweek sodat leerders met hul kennis en vaardighede ’n betekenisvolle bydrae tot die wêreld kan lewer.

Is jy gereed om die pad te kies wat groter drome bou? Skryf vandag nog in by een van Die MOS Inisiatief se skole en kies ’n beter toekoms vir jou kind.

Vind meer uit oor Enso Akademie

enso akademie logo 12
Close the CTA